Raak betrokke

Raak betrokke deur een van ons diensgroepe

NG Waverley Gemeente se kerkraad bestaan tans uit 25* lede, wat saam gestel is uit die 3 leraars.

Die Kerkraad het ‘n oorsig en groot rol in die gemeente se struktuur en alledaagse bestuur. Die Kerkraad neem wel besluite, maar die gemeente se ‘voortbestaan‘ en ‘lewe’ lê in die hande van die 5 Diensgroepe: Geloofsvorming, Diensgetuienis, DVK, Versorging en Erediens. Binne díe 5 diensgroepe is daar ruimte vir enigeen om deel te raak, kontak die kerkkantoor vir meer inligting.

Erediens

Diensgroep Erediens verseker dat alles glad verloop op ‘n Sondag tydens die Erediens en ondersteun ook die predikante. Aksies betrokke by die Diensgroep sluit in: Eredienswerkers, musiek en sang, liturgie, rekenaar en klank, tee skink en verwelkoming. Vir meer inligting, kontak Ds. Attie Nel.

DRUK VIR MEER INLIGTING

Geloofsvorming

Geloofsvorming is betrokke by die geloofsvorming van die lidmate van die gemeente. Jy kan betrokke raak by die volgende aksies: kleingroep, kinderkerk, raakvatvingertjies, studente, tiener bediening, belydenis groep, kategese groepe en inbetweeners.

DRUK VIR MEER INLIGTING

Diensgetuienis

Die gemeente is by verskillende aksies betrokke waar ons omgee en liefde teenoor mense in nood uitleef, van die aksies sluit in: Babahuis, Bybelborgprojek, Kosprojek, Jakaranda Kinderhuis en nog vele meer.

DRUK VIR MEER INLIGTING

Diensverhoudinge kommisie

Die Diensverhoudingekommissie (DVK) is die groep mense wat verantwoordelik is vir die versorging van die werknemers van die gemeente. Die kommissie is soos die “HR” (“Human Resources”) van die kerk. Hierdie groep maak seker alle diensooreenkomste is in plek en op datum. Alle sake met betrekking tot personeel aangeleenthede word deur hierdie groep mense hanteer. As jy oor kennis beskik van die arbeidsreg en personeelbestuur, kontak asb vir Linda Jansen (0824694026).

Versorging

Hierdie Diensgroep werk saam om die geestelike en emosionele welstand in die gemeente en die gemeenskap te bevorder. Aksies wat deel vorm van die Diensgroep sluit in: Arende (senior lidmate) Koinonia versorgin, die aftree-oorde in die gemeenskap, gebed, pastoraat, siekebesoek asook die hantering van rousmart en trauma. Vir meer inligting kontak die predikante

DRUK VIR MEER INLIGTING

Finansies

Geen organisasie kan sonder geld funksioneer nie; dieselfde geld ook vir ons Gemeente. Die Here roep ons om goeie rentmeesters te wees van die geld waarmee Hy ons toevertrou. Die Finansiële Kommissie (FK) van die Gemeente is saam met die Kerkraad verantwoordelik vir die opstel van ‘n begroting en hou ook toesig oor die inkomste en uitgawes van die Gemeente. As jy by die Kommissie wil betrokke raak en ‘n bydra maak, sodat ons Gemeente met ons werksaamhede kan voortgaan, is jy welkom om Dawie Maree (076 376 9254) te konta

Volg ons

Op ons Youtube-kanaal

“Julle is dus… lede van die huisgesin van God.” – Efesiërs 2:19