Kom Aanbid Saam

Eredienste by NG Waverley

Elke week, in elke fase van geloof: van kleuters tot ouderdom. Hier is alles wat jy moet weet oor ons eredienste, doop, Bybelstudies en meer.

Weeklikse Skedule

Ons Eredienstye

OGGENDDIENS

09:00

Cunninghamlaan 1249

KINDERKERK

09:00

Tydens skoolkwartale

VERGENOEG

10:30

Huis Vergenoeg

AANDDIENS

17:15

Cunninghamlaan 1249

Tydens vakansies en langnaweke is daar geen aanddiens of Kinderkerk nie.

Mis Dit Nie

Kyk Saam Met Ons

Kon nie persoonlik daar wees nie? Kyk die jongste erediens hier, of blaai deur ons volle YouTube-argief.

Laaste erediens: opname van regstreekse uitsending

● Nuutste Oggend Erediens

Aanddiens Fokus

Hoe Ons Aanddienste Werk

Ons Sondagaand-byeenkomste is nie tradisionele aanddienste nie, maar ’n lewendige geloofsgemeenskap waar aanbidding, die Woord en gesprek saamvloei. Die byeenkoms begin om 17:15 en almal is welkom – tieners, jongvolwassenes, ouers en gesinne. Ons ontvang saam ’n boodskap en daarna kom die gemeente in die Geelsaal bymekaar om koffie te drink, geselskap te geniet en aktiwiteite soos volleybal en tafeltennis te speel.

Om 18:30 beweeg die tieners en die Belydenisklas na hul kleingroepe waar hulle oor die erediens en relevante temas gesels, terwyl jongmense en studente ook tydens kleingroepe saamkuier en oor sake praat wat hulle persoonlik raak. Hierdie byeenkomste skep ’n ruimte waar geloof en community hand aan hand gaan.

Gr 7–11

Tienergroepe

Die Tienergroepe (Graad 7–11) kom tydens die skoolkwartale op Sondae aande om 18:30 bymekaar (na Aanddienste). Hierdie byeenkomste bied ’n oop en eerlike ruimte waar tieners oor geloof en uitdagings kan gesels.

Jongmense

Jongvolwassenes

Na die erediens kom die jongvolwassenes bymekaar. Met ’n koppie koffie in die hand gesels hulle saam oor die tema van die erediens en hoe dit in hul lewens prakties kan toepas. Hierdie gesprekke word op ’n toeganklike manier deur fasiliteerders gelei.

● Nuutste Aanddiens

Doop

Beplan Jy ’n Doop?

Kontak die kerkkantoor ten minste 4 weke voor die tyd vir registrasie en nodige dokumentasie.

Vir Die Kleintjies

Kinderkerk & Kleuterkerk

01

Kleuterkerk (Gr 000–0)

GEELSAAL

Die Kleuterkerk (Graad 000–0) kom tydens die skoolkwartale op Sondae om 09:00 bymekaar. Hier leer kleuters op ’n speelse en eenvoudige manier oor God, met verskeie ouers wat betrokke is om die bediening te ondersteun.

02

Kinderkerk (Gr 1–6)

KERKSAAL

Die Kinderkerk (Graad 1–6) vind ook tydens die skoolkwartale op Sondae plaas. Kinders ontdek Bybelwaarhede deur stories, aktiwiteite en kreatiewe eksperimente wat die temas lewendig maak. Ons gebruik Jeugfokus se materiaal en voeg praktiese idees by om die leerproses interessant en relevant te hou. Soos die bekende spreuk sê: “Teach me and I learn, involve me and I remember.”

Groei Saam

Bybelstudiegroepe

Nuwe mense mag te alle tye aansluit: daar is geen vaste inskrywingstydperk nie.

DINSDAE

13:30

Saam met Ds. Bettie Wagner-Ferreira.

WOENSDAE

09:00

Saam met Ds. Natalie van Blerk.

WOENSDAE · GROEIGROEP

18:30

Saam met Ds. Natalie van Blerk, vir almal wat in hul geloof wil groei.