Ons is ’n tradisionele gemeente, maar tradisioneel in die sin van vernuwing. Ons hou vas aan die ryk erfenis van die kerk en die liturgie, maar bly voortdurend vra: waar is ons, hoekom is ons hier, en waarmee is ons besig?
Ons gebruik die orrel as deel van ons tradisie, maar het ook ’n band wat voor in die kerk speel, ’n teken dat ons tradisie en vernuwing hand aan hand gaan. Gewortel in die verlede, maar altyd besig om te groei en aan te pas vir die hede.