Eredienste

Waar wil jy betrokke raak?

Hoof Kontak persoon:

Ds. Attie Nel 

  • Sel: 082 418 5054
  • e-pos: attie.nel@ngwaverley.co.za

Klankspan

Die klankoperateurs hanteer die klank tydens die eredienste. Ons verskaf opleiding vir persone wat graag hierby betrokke wil raak. Kontak Ochert Wasserman (083 293 0184) as jy hier betrokke wil raak

Eredienswerkers

Eredienswerkers is die persone wat behulpsaam is met die opname van dankoffers tydens die erediens. Die Eredienswerkers is ook betrokke by die voorbereiding en bediening van die nagmaal. As jy bereid is om op ‘n Sondag hiermee te help, kontak John Trollip (082 888 0767). 

Rekenaaroperateurs

Die Rekenaaroperateurs help met dit wat voor en tydens die erediens op die skerm verskyn. Persone met selfs ‘n klein bietjie rekenaarvaardigheid, kan by hierdie aktiwiteit betrokke raak. Ons werk in spanne, dus is ‘n persoon nie elke Sondag aan diens is nie. Persone wat belangstel en wil help sal ook die nodige opleiding kry. Kontak Ochert Wasserman (083 293 0184) vir meer inligting. 

Teeskink

Na elke erediens kuier en drink die Gemeente saam tee en koffie. Persone word in groepe ingedeel, ‘n groep kry op ‘n Sondagoggend ‘n beurt om tee te skink. ‘n Groep skink gewoonlik een of dalk twee maal per kwartaal tee. Ons help ook met teeskink na begrafnisse en ander funksies. Persone wat belangstel om hierby betrokke te raak is welkom om Rina le Roex (072 659 0427) te kontak

“Julle is dus… lede van die huisgesin van God.” – Efesiërs 2:19