Geloofsvorming

Kontak persone:

Ds. Attie Nel 

  • Sel: 082 418 5054
  • e-pos: attie.nel@ngwaverley.co.za

Kinderkerk

Die Kinderkerk is gemik op kinders vanaf 2 jaar tot graad 6. Die verskil in ouderdom bring dikwels verskillende vrae, belangstellings en lewensvrae na vore.  Ons nooi jou graag uit om te kom kyk hoe dit werk en saam die nuwe fase aan te pak.  Die Kinderkerk word tydens die skoolkwartaal Sondagoggende om 9:00 gehou. Die kinders kom eers in die kerk bymekaar en beweeg dan saam met die jeugleiers na die kerksaal. 

Daar is ‘n spesifieke WhatsApp groep vir ouers wat by die Kinderkerk betrokke is, vir maklike kommunikasie geskep. Maak asb seker dat jou selfoonnommer op hierdie WhatsApp gevoeg word.  Indien daar enige vrae is of jy wil sommer net oor hierdie aspek gesels, kontak Ds. Attie Nel (082 418 5054).

Tiener bediening

Die senior kategese is die manier waarop die tieners van ons gemeente geestelik toegerus word om as volgelinge van die Here Jesus te lewe.

Die tieners kuier elke Sondagaand na afloop van die Kategese (18:45) op ‘n informele wyse bymekaar. Verhoudings is vir ons belangrik en ons het passievolle leiers wat deel is van hierdie bediening. Ons het die behoefte aan nog leiers en mense wat graag verhoudings bou, skakel gerus in!

Vir meer inligting kontak Ds Attie Nel (082 418 5054). 

Belydenisgroep

Die belydenisgroep is die groep waarin tieners (gewoonlik graad 11) voorberei word vir belydenisaflegging. Die groep woon Sondagaande die aanddienste by en ontmoet daarna die predikant verantwoordelik vir die begeleiding.

Kontak Ds. Attie Nel (082 418 5054) vir meer inligting.

Studente en Jong volwassenes

Ons gemeente is binne ry afstand van tersiêre instellings soos die Universiteit van Pretoria en die Tshwane Universiteit van Tegnologie, ens. Verskeie studente óf huur woonstelle in ons gemeenskap of woon nog by hulle ouers in. Hierdie bediening is afgestem op hierdie studente en skep ‘n geleentheid geestelik saam te groei. Vir meer inligting

kontak Ds Attie Nel (082 418 5054). 

Raakvatvingertjies

Hierdie bediening vind op Dinsdagaande in die Kerksaal plaas. Raakvatvingertjies is gemik op 4 tot12 jarige kinders. Daar is ook kinders van buite ons Gemeente wat die bediening bywoon. Daar bestaan ‘n behoefte aan volwassenes wat kan help met toesig oor die kinders. Hierdie geleentheid funksioneer as ‘n kleingroep vir kinders waar hulle saam verhoudings bou, leer en speel. As jy meer inligting benodig,

Kontak Ds Attie Nel  (082 418 5054)

“Julle is dus… lede van die huisgesin van God.” – Efesiërs 2:19