Diensgetuienis

Waar om betrokke te raak

Kontak persone:

Dr. Bettie Wagner-Ferreira

  • Sel: 082 895 6062
  • e-pos: bettie@3006.co.za

Geloofsoffers

Elke jaar, gedurende Februarie-maand word die gemeente genooi om in geloof ‘n belofte te maak om eenmalig of maandeliks  n finansiële offder te maak met die oog op ons Gemeente se uitreikaksies. Die verskillende aksies word in meer besonderhede onder die werksaamhede van die Diensgroep: Diensgetuienis bespreek. As jy ‘n bydra vir die Geloofsoffer wil maak, kan jy die geld in die kerk se
rekening inbetaal, met Geloofsoffer as verwysing. As jy meer hieroor wil uitvind, kontak vir Bettie Wagner-Ferriera (0828956062).

Toebroodjieprojekte

Lidmate van die gemeente en gemeenskap maak weekliks toebroodjies wat by Laerskool Totiusdal en Via Nova skool uitgedeel word aan kinders wat nie kos skool toe kan bring nie. As jy wil help om toebroodjies te maak, dit af te lewer of ‘n
finansiële bydra wil maak, is jy baie welkom. Linda Loubscher (0721321294) kan gekontak word vir meer inligting.

Bybelborgprojek

Ons koop Bybels aan in verskillende tale en “verkoop” dit dan teen ‘n baie verlaagde prys aan mense wat graag ‘n Bybel wil hê. Jy kan betrokke raak deur ‘n Bybel te borg of ook om mense, wil baie graag ‘n eie Bybel wil hê en dit nie kan bekostig nie, in kontak te bring met Hannalien Meyer (0762363509) wat die projek hardloop.

Koskas

Ons Gemeente gee vir meer as 20 huishoudings elke maand ‘n kospakkie. Hierdie huishoudings wissel van enkel persone tot uitgebreide gesinne. Die kospakkie bestaan onder andere uit mieliemeel, pasta, suiker, tee, koffie, blikkies vis, vleis en groente. As jy betrokke wil raak deur te help met die pak en verspreiding van die pakkies kan jy met Phia Kirkhoff (0798823241) kontak maak. Verder kan jy blikkies kos Sondae kerk toe bring of ‘n geldelike bydrae in die kerk se bankrekening betaal met “Kos” as verwysing.

Jakaranda Kinderhuis

Ons gemeente is verantwoordelik vir die versorging van die meisies in Huis 12 van Jakaranda Kinderhuis. Ons koop maandeliks die meisies se toiletbenodighede. Verder word daar met elke dogter se verjaarsdag vir haar ‘n geskenkie en ‘n koek afgelewe by Huis 12. As jy betrokke wil raak by die verjaarsdagprojek of wil help met die aankope en aflewering van die goedere, kontak Alisha Muller (0716768557). Natuurlik is ‘n geldelike bydra om die nodige aankope te doen ook welkom. Die geld kan in die kerk se rekening inbetaal word, met die verwysing “Jakaranda”.

Babahuis

Rock of Faith is ‘n huis van veiligheid vir baba’s. Ons help soms met die aankope van baba produkte soos doeke, kos en room. Skenkings vanuit die gemeente soos babaklere, komberse en gebreide goedjies word ook ontvang. Daar is ook baie mense wat elke week as vrywilligers gaan help om die baba’s kos te gee en te bad, gewoonlik so 2 ure op ‘n keer. As jy deel wil word van die projek, kontak Alisha Muller by 0716768557.

“Julle is dus… lede van die huisgesin van God.” – Efesiërs 2:19