Cupcakes saam die meisies van Jakaranda Kinderhuis

Ons gemeente voorsien maandeliks badkamer-benodighede aan Huis 12 van Jakaranda Kinderhuis. Saterdag, 17 April, het ‘n paar tieners wat deel is van die tienerbediening asook jeugleiers na die huis gegaan en ons het saam cupcakes versier. Dit was ‘n heerlike dag van gesels oor skool, die lewe, saam versiersuiker-meng en die oomblik deel. Ons is opgewonde oor nog uitstappies saam.…

Read more

SONDAG 25 APRIL – GOEIE HERDERSONDAG

Die skole sluit vir ‘n kort vakansie op Vrydag 23 April. Soos ons gebruik is, het ons dan net een oggenddiens en wel in hierdie geval om 09:00 by Cunninghamlaan. Die teksgedeelte wat Sondag in die erediens aan die beurte kom is Johannes 10:11-18. Die teks het baie mooi momente in. Ek gaan in die erediens fokus op die kontras…

Read more

VETKOEK VRYDAG

Vetkoek Vrydag was ‘n heerlike sukses. Ons het in totaal 660 vetkoeke. Ons was dankbaar vir elke vrywilliger wat kom help het. Sommige het die vetkoeke gevul, ander het dit in sakkies gesit, ander het gepak. Jongmense het gehelp om die bestellings by die motors te kry, die kos wat die mense gebring het uit te haal en na die…

Read more