Waar Julle Kan Deel
Ons Bedieninge
God het die wêreld lief, en ons glo hierdie liefde is nie net vir sekeres nie. As gemeente wil ons hierdie liefde uitleef en met ander deel: van kleuters tot senior lidmate, daar is ’n plek vir jou om te behoort en te dien.
Hoe Ons Dien
Ons Bedieningsbenadering
Vyf drade wat saam die lewe van ons gemeente vorm.
Erediens
Vier God se liefde.
Geloofsvorming
Leer en ervaar wat die liefde beteken.
Sorg
Dra mekaar se laste.
Uitreik
Help mense in nood.
Administrasie
Hou orde sodat bediening kan floreer.
Vind Jou Plek
Alle Bedieninge
Van jeug tot senior volwassenes: hier is waar ons gemeente elke week saamkom om te dien.
Senior Volwassenes
Arende
Sedert 2010 ’n tuiste vir senior volwassenes wat nie noodwendig by dienssentrums of aftree-oorde betrokke is nie. Maandelikse byeenkoms met ’n spreker of kunstenaar, gevolg deur saam kuier.
Jeug
Jeugbediening
’n Brug tussen kerk en skool wat jongmense help om God op hul eie manier te ervaar.
Uitreik
Uitreik (Diensgetuienis)
Diensgetuienis-uitreik bestaan uit verskeie bedieninge. Hier volg ’n paar waarby jy betrokke kan raak: Bybelborgprojek, Kosprojek, Toebroodjieprojek en Little Brave Hearts (babahuis).
18–26 Jaar
Jongwerkendes & Jongvolwassenes
Vir studente en jongmense wat nog by die huis woon of in die omgewing huur. ’n Geleentheid om saam geestelik te groei.
Tieners
Koffiekroeg & Kleingroepe
Sondae 18:00: eers Koffiekroeg vir geselskap en ontspanning, dan kleingroepgesprekke oor geloof.
Uitreik
KosKas
Meer as 20 huishoudings ontvang maandeliks ’n kospakkie (mieliemeel, pasta, blikkies en meer). Donasies en vrywilligers welkom.
Uitreik
Jakaranda Kinderhuis
Ons gemeente versorg die meisies in Huis 12: maandelikse toiletbenodighede en ’n verjaarsdaggeskenk vir elke dogter.
Sorg
Gebed
’n Maandelikse gebedsbrief met daaglikse gebede, plus ’n voorbiddingspan wat gebedsversoeke ontvang.
Sorg
Koinonia-werkers
Die Koinonia-werkers ondersteun en bid vir ons mense wat deur verliese, siekte en hartseer geraak word. Ons Gebedsbediening is die fondasie van ons gemeente se bediening en vorm ’n kerndeel van Versorging.
Geloofsvorming
Bybelstudie
By ons Bybelstudie gebruik ons gewoonlik die teks van die erediens. Dit gee dieper insig en goeie navorsing, maar net so belangrik is die gesprek en saam dink wat ons geloof versterk.
Gasvryheid
Gasvryheid en estetika
Hierdie span sorg tydens eredienste en spesiale geleenthede dat die liturgiese ruimte en kerkgebou mooi en uitnodigend is. Hulle sorg ook vir die koffie ná die eredienste sodat lidmate en besoekers saam kan kuier.
Erediens
Band & Klankspan
Ons agter-die-skerms span wat elke Sondag musiek en klank vir die erediens hanteer. Nuwe spelers en tegniese vrywilligers welkom.
Wil Jy Betrokke Raak?
Watter fase van die lewe jy ook al in is, daar is ’n plek vir jou by NG Waverley. Kontak ons gerus. Ons hoor graag van jou.