Ons Sondagaand-byeenkomste is nie tradisionele aanddienste nie, maar ’n lewendige geloofsgemeenskap waar aanbidding, die Woord en gesprek saamvloei. Die byeenkoms begin om 17:15 en almal is welkom – tieners, jongvolwassenes, ouers en gesinne. Ons ontvang saam ’n boodskap en daarna kom die gemeente in die Geelsaal bymekaar om koffie te drink, geselskap te geniet en aktiwiteite soos volleybal en tafeltennis te speel.
Om 18:30 beweeg die tieners en die Belydenisklas na hul kleingroepe waar hulle oor die erediens en relevante temas gesels, terwyl jongmense en studente ook tydens kleingroepe saamkuier en oor sake praat wat hulle persoonlik raak. Hierdie byeenkomste skep ’n ruimte waar geloof en community hand aan hand gaan.