VETKOEK VRYDAG

Vetkoek Vrydag was ‘n heerlike sukses. Ons het in totaal 660 vetkoeke. Ons was dankbaar vir elke vrywilliger wat kom help het. Sommige het die vetkoeke gevul, ander het dit in sakkies gesit, ander het gepak. Jongmense het gehelp om die bestellings by die motors te kry, die kos wat die mense gebring het uit te haal en na die spens te neem. Meeste van alles is ons dankbaar vir Dirk en Hannelie van der Merwe wat vir ons die vetkoek gebak het.

Na die tyd was daar 20 vetkoeke oor. Ons het dit gaan uitdeel vir mense wat op straat slaap en ander wat nagskof moes werk.

Die predikante het met die mense by die motors gekuier. Wat ‘n heerlike dag. Hier is ‘n vinnige video (40 sekondes) om te kyk hoe die dag verloop het.

Leave a reply