

TIENERBEDIENING
GRAAD 7-11
Tieners van Graad 7-11 vorm deel van die tienerbediening. Tieners woon saam die aanddienste by waarna ons in afsonderlike groepe met ons jeugleiers ontmoet. Die ontmoeting na die erediens fokus op die teks van die erediens en die jeugleiers reis saam die groep vir die jaar.



BELYDENISKLAS
Die belydenisklas ontmoet na die 17:15 erediens met Ds. Attie. Hier word belangrike teologiese temas bespreek en die jaar se gesprekke fokus op persoonlike geloofsgroei, wie God is en wat God doen en werk in die breër kerk en gemeenskap. Die belydenisklas kamp saam aan die begin van die jaar en sluit die jaar weer af met ‘n dag saam in die Botaniese Tuine. Die belydenisklas word aangemoedig om betrokke te wees met die werk van die gemeente en verskillende aksies by te woon. Hierdie jaar is ‘n kosbare jaar en dit is ‘n voorreg om die pad saam te stap.
Kontak vir Ds. Attie (082 418 5054) vir meer inligting.


