

Ons reik uit! Ons gee om.
Ons gemeente is by verskillende aksies betrokke waar ons omgee en liefde teenoor mense in nood uitleef. Die volgende aksies word befonds deur geloofsoffers:
Kontak: Hannelien Meyer (076 236 3509)
DERDEPOORT VOEDSELPROJEK
Hierdie bediening behels dat ‘n aantal lidmate van die gemeente en die gemeenskap elke Vrydag ‘n warm gekookte ete vir ongeveer 100 kinders by Laerskool Derdepoort gee vir die afgelope 20 jaar.
BYBEL PROJEK
Ons verprei Bybels aan mense in die taal van hulle keuse en teen ‘n prys wat hulle kan bekostig. Indien jy betrokke wil raak of weet van ‘n persoon van ‘n Bybel benodig maak asseblief kontak.
Hierdie is ‘n foto van ‘n groep kinders by ‘n skool in Shosanguwe wat ons op die manier gehelp het om Bybels te “koop”.


TOEBROODJIE-PROJEK
Vir Via Nova skool (naby Jakaranda kinderhuis) maak ons elke Vrydag 6 brode se toebroodjies.
KOS PROJEK
Ons gemeente gee maandeliks vir 37 gesinne ‘n kospakkie en vars groente en vrugte.


NOORD KAAP
Ds John Links is die leraar van die VGK Marydale. Hy is ‘n voltydse onderwyser en tentmaker in die gemeente.
Op die oomblik is daar ongeveer 600 lidmate in die gemeente. Die lidmate is hoofsaaklik pensioenarisse en mense wat afhanklik is van ‘n staatspensioen..


ASIË 2000
Die visie van Sending Asië 2000 is om Christus se strategie te gebruik om mense op te lei om dissipels te maak. Die missie is om dit tot uitvoering te bring. Byna twee-derdes van die wêreld se bevolking woon in Asië. Daar is honderde miljoene mense in Asië wat nog nie tot redding in Christus gekom het nie.
Die Sending is gestig deur dr Pieter Conradie en sy vrou Yvonne, wat baie jare self in die Filippyne gewoon en gewerk het (ongeveer van 1990). Yvonne het na Pieter se afsterwe in 2008 gereeld teruggaan na die Filippyne om die werkers te bemoedig en verder leiding en opleiding te gee. Aangesien daar ook Filippynse werkers in Kambodja was (op die oomblik is daar 4), gaan Yvonne van tyd tot tyd ook na Kambodja. Hierdie werkers in die Filippyne en Kambodja word deur Suid-Afrikaanse Christene ondersteun.
Die manier hoe die werk gedoen word, veral in die Filippyne, is om ‘n span van geredde broers en susters saam te stel; (dit het sekerlik ‘n goeie twee jaar geduur voordat dit gebeur het;) en dan met hulle ‘n reeks Bybelstudies op ‘n gereelde basis gedoen. Pieter het self die 35 Bybelstudies saamgestel. Dit
word vandag nog gebruik in die Fillipyne en selfs in die VSA en ander lande. Hierdie Bybelstudies lê ‘n baie goeie grondslag vir ‘n nuwe Christen.
So het dit begin, en die plekke waar dit gedoen was het met die tyd al meer geword. Nou het van die dissipels self hulle eie Bybelstudies begin. Die hoeveelheid persone wat so tot redding gekom het kan nie meer getel word nie.
CMR
Die CMR (Christelike Maatskaplike Raad) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hoofsaaklik bestaan uit ‘n groep maatskaplike werkers. Die CMR se doel is om hoop te gee aan mense in nood.
Ons Gemeente betaal jaarliks ‘n bedrag aan CMR om hul bedryfskoste te dek. Die afgelope jaar het ons R49270 oorbetaal. Verder help ons ook met ander behoeftes soos die behoefte na vore kom. Ons kon help dat kinders by wie CMR betrokke is, die nodige skryfbehoeftes kry vir die nuwe skooljaar.
JAKARANDA KINDERHUIS
Ons gemeente is verantwoordelik vir die versorging van die meisies in Huis 12 van Jakaranda Kinderhuis. Enige persoon is welkom om betrokke te word by die bediening.


BEJAARDES
Ons Gemeente is op verskeie vlakke betrokke met hulpverlening aan ouer persone.
Ons bied ondersteuning aan Huis Vergenoeg, Eden ouetehuis en Oos-Moot ouetehuis.
MOSAMBIEK
Pastoor Antonio Lange van die Gereformeerde kerk in Zai-Zai se pensioen word deur ons gemeente betaal. Ds Bertus Olivier (082 224 6242) hou kontak met pastor Lange en ondersteun hom ook op ‘n emosionele vlak.


BANKBESONDERHEDE:
Rekeninghouer: NG Waverley
Bank: ABSA
Taknommer: 335245
Rekeningnommer: 1430157120
VERWYSING: (Jou Naam) Geloofsoffer