LYDENSTYD: Kom ons doen iets saam

Lydenstyd is bedoel as ‘n tyd waarin ‘n mens daarop fokus om te groei in jou toewyding aan God. Wat in die verlede al vir my gewerk het is om een ding prys te gee (bv. Sosiale media) sodat ek kan tyd maak/hê vir iets anders, soos bv. om deur een van die evangelies te lees. Om deel te wees van ‘n groep wat dit doen kan elkeen van ons help om vir die 40 dae van lydenstyd te volhard.

Daar is ‘n elektroniese toepassing (app) wat ons hiermee kan help. YOUVERSION is ‘n elektroniese toepassing (app/toep) wat jy op jou foon/tablet/rekenaar kan aflaai. (Laai dit hier af: https://www.youversion.com/the-bible-app/). Nadat jy YOUVERSION afgelaai het, kies die vertaling wat jy graag wil lees. Die 1983 Afrikaanse vertaling is ook daar.

Youversion bied verskillende programme aan om in Lydenstyd (Lent in Engels) te gebruik. Ons het besluit om een wat deur ‘n gemeente in Suid Afrika (Mosaic gemeente) ontwikkel is hierdie jaar te gebruik. Wanneer jy YOUVERSION afgelaai en geïnstalleer het, druk op hierdie skakel (https://bible.com/p/39245907/cd3702b842584aaa45ecabb56304fa5c) en aanvaar die uitnodiging om saam met ander in die gemeente hierdie program te volg. Elke dag is daar ‘n kort oordenking, drie kort teksgedeeltes (wanneer jy op die teksvers druk maak dit ook in die vertaling van jou keuse) om te lees. Aan die einde kan jy een of twee sinnetjies skryf oor dit wat by jou vassteek.

Dit sal wonderlik wees indien ‘n groep uit die gemeente en dalk ook van julle vriende of familie op hierdie manier saam met ons deur hierdie hierdie jaar se lydenstyd sal reis.

Ds Attie Nel

Leave a reply