

KINDERKERK
Alle kinders van 2 jaar tot Graad 6 is welkom om deel te wees van kinderkerk Sondae oggende om 09:00. Die kinderbediening wil graag vir kinders help om ‘n verhouding met God te bou, ‘n liefde vir die kerk te ontwikkel en saam die gemeenskap van gelowiges te beleef.
Elke groep het ‘n jeugleier wat tydens die erediens vrae antwoord, saam die gesprekke hanteer en daarop fokus om verhoudings te bou. Kinderkerk is vir ons baie belangrik, die kinderkerk span is passievol oor dit wat daar gebeur en jy is baie welkom om deel te word hiervan.


