EREDIENSTE VANAF 14 MAART 2021

Die COVID-19 pandemie en die verskillende vlakke van inperkings wat ons beleef, het gemaak dat ons dikwels vinnige aanpassings moet maak. Ons gemeente het elke keer wonderlik positief en vinnig op kort kennisgewings van aanpassings en veranderings gereageer.

Sedert Sondag 7 Maart kan daar 100 mense die eredienste in ons twee geboue bywoon en 250 mense indien ons buite sit, soos byvoorbeeld tydens die 17:00 erediens. Ons eerste erediens in die geboue is gehou op Sondag 28 Februarie waar daar slegs 50 mense kon bywoon. Aangesien ons bekommerd was dat daar nie genoeg plek sou wees nie, het ons mense gevra om te registreer indien hulle die eredienste wou bywoon.

By Cunninghamlaan was die eredienste vir Sondag 28 Februarie (50 mense) en 7 Maart (100 mense) teen die Woensdag voor die erediens vol bespreek. Ons het op Vrydag 5 Maart besluit om op Sondag 7 Maart om 07:30 nog ‘n erediens by Cunninghamlaan te hou. Die ander eredienste, 07:30 by 30ste Laan, 09:00 Kinderkerk en 17:00 by Cunninghamlaan, kon nog mense akkommodeer.

Ons het Maandag wat verby is weer oor die eredienste gedink en besluit om ‘n paar aanpassings te maak in ‘n poging om dit vir mense so maklik as moontlik te maak om die erediens van hulle keuse by te woon.

Ons eredienstye skuif terug na wat dit was voor die eerste grendeltyd aangekondig is. Die enigste verskil is dat daar ‘n addisionele erediens om 07:30 by Cunninghamlaan sal wees. As gevolg van die aantal mense wat tot nou en in die verlede voor die pandemie eredienste bygewoon het, is dit slegs nodig om vir die 09:00 erediens by Cunninghamlaan te registreer. By die ander eredienste sal ons ‘n alfabetiese lys saamstel uit mense wat in die verlede die eredienste bygewoon het. Wanneer jy die erediens bywoon gaan meld jy aan soos gewoonlik, antwoord op die vrae en laat jou temperatuur geneem word. Indien jou naam nie op die lys is nie, sal jou naam gewoon bygevoeg word. Alhoewel registrasie nie nodig is nie, help dit ons indien ons weet jy kom en verwelkom ons dit indien jy wel registreer.

Ons sien uit daarna om saam met julle erediens te vier.

Druk op die erediens wat jy wil bywoon in dien jy wil registreer:

07:30 – Cunninghamlaan (Ds. Attie)

09:00 – Cunninghamlaan (Ds. Nadine)

09:00 – 30 ste Laan (Ds. Attie)

09:00 – Kinderkerk (Cunninghamlaan) (Celisma)

10:30 – Vergenoeg – Vir inwoners. Geen registrasie beskikbaar. (Ds. Attie)

17:00 – Cunninghamlaan (Ds. Nadine)

2 Comments

  • Annemie
    Posted 10 Apr 2022 8:27 am 0Likes

    Ekt aan begin van COVID te veel gesukkel om jul rigistrasie vir kerkdienste te kon bemeester en het toe eerder na opname preke geluister.
    Ek wil graag weer begin keek dienste bywoon en wil weet hoe stelsel jul tans werk?
    Kan ek sommer op n Sondag opdaag of doen jul steeds rigistrasies?
    Jul website se inligting bevat nie datums nie en ek kan dus nie agterkom of die inligting verouderd is aldan nie

    • NG-Waverl5y-Adm1n
      Posted 29 Apr 2022 5:03 pm 0Likes

      Hallo Annemie.
      Baie dankie vir jou reaksie.
      Ons is nou op die punt waar ons Webtuiste meer aktief is.
      Ons erediens is nou weer vol aan die gang en ons plaas weekliks die kennisgewings op die webtuiste sodat jy kan sien
      Hierdie naweek is langnaweek so ons het een erediens om 09:00.
      Van volgende week af het ons ook ‘n aanddiens ook wat om 17:15 begin.
      Groete
      ds. Attie Nel

Leave a reply