EREDIENSTE SONDAG WAT VERBY IS

Ons het gister vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd weer eredienste gehou. Ons in totaal die volgende vyf eredienste gehad: 07:30 – 30ste Laan; 09:00 Cunninghamlaan; 09:00 Kinderkerk (Cunninghamlaan); 10:30 – Vergenoeg en 17:00 Cunninghamlaan (Aanddiens en tiener kleingroepe). As gevolg van die vlak 3 inperking wat gister nog gegeld het, kon daar slegs 50 mense by elkeen van die eredienste wees. Aangesien die aanddiens buite gehou is, kon ons meer mense toelaat. Daar was ongeveer 65 mense by die aanddiens. Vergenoeg was maksimum kapasiteit met enkele stoele oop maar die getal baie naby aan 50. Ek kon van die twee eredienste ‘n foto neem.

In elke erediens was dit vir my duidelik dat mense opgewonde is om weer in die erediens te wees. Vir my was dit besonders om weer in die kerk ‘n erediens te lei en te preek.

Ds. Attie Nel

Leave a reply