DIE KERKRAAD KIES JONG(ER)MENSE

Op die laaste kerkraadsvergadering het die kerkraad besluit om ‘n paar jongmense op die kerkraad te kies. Hierdie jongmense was verlede jaar in die belydenisgroep. Deel van die materiaal wat ons met die belydenisgroep deurwerk is die struktuur van die kerk. Ons verduidelik dan hoe die NG Kerk se struktuur lyk, waar ons gemeente inpas en waarmee ons gemeente en die NG Kerk op gemeenskap, streeks, nasionaal en internasionale vlak besig is. Hierdie bespreking het ‘n hele paar van die jongmense opgewonde gemaak omdat hulle nie besef het waarmee die kerk alles besig is nie.

Op hierdie stadium het drie van die jongmense wat deur die kerkraad verkies is, reeds aangedui dat hulle graag op die kerkraad sou wou dien. Al ses die jongmense wat verkies is hierdie jaar in Graad 12. Ons het nie vooraf gesê dat hulle op die kerkraad gekies gaan word nie. Elkeen moes die rol op die kerkraad opweeg teen hulle omstandighede en hulle rol by die skool ens. Ons wag nog vir ‘n paar antwoorde.

Die persone wat verkies is, is: Emma Kotzè, Ibke Potgieter, Mikayla Pienaar, Simon Hartzenberg, Denise Vrey en Simonè Roux.

Emma Kotzè
Ibke Potgieter
Mikayla Pienaar
Simon Hartzenberg
Denise Vrey
Simonè Roux

Die kerkraad is opgewonde om jongmense soos hierdie op die kerkraad te hê en ook na hulle gedagtes en menings te luister.

Ds. Attie Nel

Leave a reply