Daar gebeur nuwe dinge by die kinderkerk…

Die kinderkerk bestaan uit kinders vanaf 2 jaar tot graad 6. Die verskil in ouderdom bring dikwels verskillende vrae, belangstellings en lewensvrae na vore. 

Ons gaan hierdie kwartaal die kinderkerk steeds as ‘n groep saam begin. Hier lees ons saam uit die Bybel, ontvang ‘n kort boodskap en neem deel aan ander liturgiese oomblikke. Hierna gaan ons in verskeie ouderdomsgroepe verdeel waar daar verskillende aktiwiteite en vrae behandel word wat spesifiek fokus op die bepaalde ouderdomsgroep. 


Die tema vir die kwartaal is ‘vrug van die Gees’. Ons bou hierdie kwartaal ‘n ‘vrug van die Gees’ boom. Hierdie boom kry weekliks ‘n nuwe vrug en saam leer ons oor liefde, vrede, vreugde en soveel meer.    


Ons nooi jou graag uit om te kom kyk hoe dit werk en saam die nuwe fase aan te pak. 


Die kinderkerk is weekliks 09:00 by Cunninghamlaan bedieningspunt. *Maak asb seker dat jy op die kinderkerk ouers WhatsApp groep is vir die nodige komunikasie. 


Indien daar enige vrae is of jy sommer net wil gesels, kontak ds Nadine (079 576 1890). 

Leave a reply