Cupcakes saam die meisies van Jakaranda Kinderhuis

Ons gemeente voorsien maandeliks badkamer-benodighede aan Huis 12 van Jakaranda Kinderhuis. Saterdag, 17 April, het ‘n paar tieners wat deel is van die tienerbediening asook jeugleiers na die huis gegaan en ons het saam cupcakes versier. Dit was ‘n heerlike dag van gesels oor skool, die lewe, saam versiersuiker-meng en die oomblik deel. Ons is opgewonde oor nog uitstappies saam. Indien jy graag volgende keer saam wil kom, kontak ds Nadine (079 576 1890).

Leave a reply