Daar gebeur nuwe dinge by die kinderkerk…

Die kinderkerk bestaan uit kinders vanaf 2 jaar tot graad 6. Die verskil in ouderdom bring dikwels verskillende vrae, belangstellings en lewensvrae na vore.  Ons gaan hierdie kwartaal die kinderkerk steeds as ‘n groep saam begin. Hier lees ons saam uit die Bybel, ontvang ‘n kort boodskap en neem deel aan ander liturgiese oomblikke. Hierna gaan ons in verskeie ouderdomsgroepe verdeel…

Read more

GROOT LYDENSWEEK

Die sewende en laaste Lydensweek, 28 Maart – 4 April, begin by Palmsondag en eindig Paassondag. Hierdie week word die Groot Lydensweek of Heilige week genoem. In hierdie week dink ons aan die lyding van Christus spesifiek in die laaste week voor sy sterwe en opstanding. Hierdie week kan gesien word as die hart van die kerklike jaar is. Gedurende…

Read more

EREDIENSTE VANAF 14 MAART 2021

Die COVID-19 pandemie en die verskillende vlakke van inperkings wat ons beleef, het gemaak dat ons dikwels vinnige aanpassings moet maak. Ons gemeente het elke keer wonderlik positief en vinnig op kort kennisgewings van aanpassings en veranderings gereageer. Sedert Sondag 7 Maart kan daar 100 mense die eredienste in ons twee geboue bywoon en 250 mense indien ons buite sit,…

Read more

EREDIENSTE VAN SONDAG 7 MAART AF

Gisteraand het die president aangekondig dat ons vanaf eerskomende Sondag (7 Maart2021) weer 100 mense (maar nie meer as 50% van die kapasiteit van die lokaal nie) in die eredienste mag wees. Ons sal in die week laat weet hoe ons te werk sal gaan met besprekings ens. Op 28 Februarie 2021 is daar aangekondig dat daar in die laaste…

Read more

EREDIENSTE SONDAG WAT VERBY IS

Ons het gister vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd weer eredienste gehou. Ons in totaal die volgende vyf eredienste gehad: 07:30 – 30ste Laan; 09:00 Cunninghamlaan; 09:00 Kinderkerk (Cunninghamlaan); 10:30 – Vergenoeg en 17:00 Cunninghamlaan (Aanddiens en tiener kleingroepe). As gevolg van die vlak 3 inperking wat gister nog gegeld het, kon daar slegs 50 mense by…

Read more