INLIGTING OOR PEPUDA WETGEWING

PEPUDA is die akroniem vir “PROPMOTION OF EQUALITY AND PREVENTION OF UNFAIR DISCRIMINATION AMENDMENT ACT BILL 2021. (Click op die naam van wet indien jy die wet wil lees)  Hierdie wet is ‘n wet wat reeds vanaf 2000 poog om gelykheid te bevorder en onbillike diskriminasie te verhinder. As kerk is dit deel van ons getuienis van die evangelie van…

Read more

Daar gebeur nuwe dinge by die kinderkerk…

Die kinderkerk bestaan uit kinders vanaf 2 jaar tot graad 6. Die verskil in ouderdom bring dikwels verskillende vrae, belangstellings en lewensvrae na vore.  Ons gaan hierdie kwartaal die kinderkerk steeds as ‘n groep saam begin. Hier lees ons saam uit die Bybel, ontvang ‘n kort boodskap en neem deel aan ander liturgiese oomblikke. Hierna gaan ons in verskeie ouderdomsgroepe verdeel…

Read more

Cupcakes saam die meisies van Jakaranda Kinderhuis

Ons gemeente voorsien maandeliks badkamer-benodighede aan Huis 12 van Jakaranda Kinderhuis. Saterdag, 17 April, het ‘n paar tieners wat deel is van die tienerbediening asook jeugleiers na die huis gegaan en ons het saam cupcakes versier. Dit was ‘n heerlike dag van gesels oor skool, die lewe, saam versiersuiker-meng en die oomblik deel. Ons is opgewonde oor nog uitstappies saam.…

Read more

SONDAG 25 APRIL – GOEIE HERDERSONDAG

Die skole sluit vir ‘n kort vakansie op Vrydag 23 April. Soos ons gebruik is, het ons dan net een oggenddiens en wel in hierdie geval om 09:00 by Cunninghamlaan. Die teksgedeelte wat Sondag in die erediens aan die beurte kom is Johannes 10:11-18. Die teks het baie mooi momente in. Ek gaan in die erediens fokus op die kontras…

Read more

GROOT LYDENSWEEK

Die sewende en laaste Lydensweek, 28 Maart – 4 April, begin by Palmsondag en eindig Paassondag. Hierdie week word die Groot Lydensweek of Heilige week genoem. In hierdie week dink ons aan die lyding van Christus spesifiek in die laaste week voor sy sterwe en opstanding. Hierdie week kan gesien word as die hart van die kerklike jaar is. Gedurende…

Read more

EREDIENSTE VANAF 14 MAART 2021

Die COVID-19 pandemie en die verskillende vlakke van inperkings wat ons beleef, het gemaak dat ons dikwels vinnige aanpassings moet maak. Ons gemeente het elke keer wonderlik positief en vinnig op kort kennisgewings van aanpassings en veranderings gereageer. Sedert Sondag 7 Maart kan daar 100 mense die eredienste in ons twee geboue bywoon en 250 mense indien ons buite sit,…

Read more

VETKOEK VRYDAG

Vetkoek Vrydag was ‘n heerlike sukses. Ons het in totaal 660 vetkoeke. Ons was dankbaar vir elke vrywilliger wat kom help het. Sommige het die vetkoeke gevul, ander het dit in sakkies gesit, ander het gepak. Jongmense het gehelp om die bestellings by die motors te kry, die kos wat die mense gebring het uit te haal en na die…

Read more

DIE KERKRAAD KIES JONG(ER)MENSE

Op die laaste kerkraadsvergadering het die kerkraad besluit om ‘n paar jongmense op die kerkraad te kies. Hierdie jongmense was verlede jaar in die belydenisgroep. Deel van die materiaal wat ons met die belydenisgroep deurwerk is die struktuur van die kerk. Ons verduidelik dan hoe die NG Kerk se struktuur lyk, waar ons gemeente inpas en waarmee ons gemeente en…

Read more

EREDIENSTE VAN SONDAG 7 MAART AF

Gisteraand het die president aangekondig dat ons vanaf eerskomende Sondag (7 Maart2021) weer 100 mense (maar nie meer as 50% van die kapasiteit van die lokaal nie) in die eredienste mag wees. Ons sal in die week laat weet hoe ons te werk sal gaan met besprekings ens. Op 28 Februarie 2021 is daar aangekondig dat daar in die laaste…

Read more

EREDIENSTE SONDAG WAT VERBY IS

Ons het gister vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd weer eredienste gehou. Ons in totaal die volgende vyf eredienste gehad: 07:30 – 30ste Laan; 09:00 Cunninghamlaan; 09:00 Kinderkerk (Cunninghamlaan); 10:30 – Vergenoeg en 17:00 Cunninghamlaan (Aanddiens en tiener kleingroepe). As gevolg van die vlak 3 inperking wat gister nog gegeld het, kon daar slegs 50 mense by…

Read more