ASWOENSDAG (17 FEBRUARIE 2021)

Aswoensdag is die begin van Lydenstyd (Dag 1) en Goeie Vrydag (Dag 46) sluit hierdie tyd af. Hiermee begin ’n tydperk van 40 dae (ses Sondae uitgesluit) van verootmoediging. Aswoensdag fokus op sonde en berou asook op die kwesbaarheid en verganklikheid van die mens. In ideale omstandighede sou ons Woensdag 17 Februarie ‘n erediens gehad waartydens ons ’n kruis van as op die voorkop van erediensgangers sou maak wat dien as teken van berou en herinnering aan elkeen se sterflikheid. Tradisioneel word die palmblare van die vorige jaar se Palmsondag verbrand, fyngemaak en met olie gemeng om die as vir Aswoensdag voor te berei.

Meeste van ons is tog deur die pandemie juis aan ons eie weerloosheid en sterflikheid herinner deur mense wat ons ken wat baie siek geword het, of selfs gesterf het.

As gevolg van die COVID-19 pandemie hou ons nie hierdie jaar ‘n As-Woensdag erediens nie. Ons sal egter ‘n kort meditasie video uitstuur vir elkeen om te gebruik. Dalk kan julle wat in dieselfde huis woon dit saam kyk en self vir mekaar die kruis maak. Dalk kan jy iewers in die huis ‘n kruis neersit om jouself en elkeen in die huis aan jou eie kwesbaarheid en sterflikheid te herinner.

Ds Attie Nel

Leave a reply