NG Gemeente Waverley

Protected: LEIERS – 13-19 Mei
This post is password protected. To view it please enter your password below:

Password:

DIE LIEDERE WAT ONS SING
Iemand doen in die week by my navraag oor die liedere wat ons sing wat nie in die Liedboek is nie.

Hierdie liedere is  meestal  FLAM liedere. Gaan kyk gerus op FLAM se WEBBLAD

FLAM funksioneer in opdrag van die  Algemene Sinode

In 2002, nadat die Liedboek in die kerk vrygestel is, was daar ’n groep lidmate wat aangetoon het dat die Liedboek té min, té laat was.  Die grootste klagte was dat daar nie genoeg kontemporêre (‘band’) musiek was nie en dat die jeug (wat die kinders en veral die hoërskool- en naskoolse jongmense insluit) aan die kortste end getrek het.

By die daaropvolgende Algemene Sinode van die NG Kerk het die sinode ’n taakspan in die lewe geroep wat ’n  meganisme moes skep waardeur die kerk nuwe, Afrikaanse kontemporêre kerkmusiek op ’n voortdurende basis kon invoer.

Die “Projekspan vir nuwe musiek” het Flam geword na aanleiding van Jer. 20:9 waar Jeremia sê “En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos ’n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie.”  FLAM wil daardie vuur aansteek, sodat ons nooit oor die Here sal kan stilbly nie!

Daar is  natuurlik VONKK ook.

Gaan kyk gerus na VONKK se WEBBLAD  ook.

VONKK is deel van ADGO (Algemene Sinode se Diensgroep vir Gemeente Ontwikkeling) se Projekspan vir Musiek wat voortdurend nuwe en ook inheemse kerkmusiek moet skep en versamel. Alhoewel die Liedboek wat in 2001 verskyn het ’n wonderlike skat van klassieke en meer eietydse klassieke kerkliedere bevat, weet ons dat klassieke kerkmusiek in die moderne eeu waarin ons leef nog steeds ontwikkel. Dit sien ons ook wêreldwyd. Dit is ook hoekom die Algemene Sinode van 2007 dit goedgekeur het dat naas FLAM (sien www.flam.co.za) wat kontemporêre musiek versamel, die proses van voortdurende versameling en keuring van klassieke kerkliedere ook steeds moet voortgaan.

Ons sing ook soms ander liedere wat nie in die Liedboek, of ‘n  FLAM of  VONKK lied is nie. Beide FLAM en VONKK is deurlopend op soek na nuwe musiek en sulke musiek moet iewers getoets word voordat dit oorweeg word. In ons omgang met ander gemeentes en musiekleiers maak ons kontak met liedere wat goed as gemeentesang sou kon funksioneer en dan gebruik ons dit. Ons het ook al  liedere wat ons ontwikkel het aan FLAM gestuur vir oorweging. Ander is tans in die proses om oorweeg te word.

(Geskryf deur ds. Attie)

Tydens die aanddiens fokus ons op die tieners en jongmense en daar wyk ons af en sing ons ook Engelse liedere.

Protected: LEIERS 6 – 12 MEI
This post is password protected. To view it please enter your password below:

Password:

HOE REGAEER ‘N BOER WANNEER SY PLAAS GEVAT WORD?
Hoe reageer ’n boer wanneer daar op sy plaas beslag gelê word? Henry Jackson, ’n boer van Gweru in Zimbabwe, het die volgende boodskap gister aan vriende en familie gestuur nadat dit verlede week met hom gebeur het.

‘My plaas is gevat! Daardie frase is amper so skrikwekkend as die woord ‘kanker’.

Dinsdag 24 April, terwyl ek besig was om kuilvoer te sny, het vier spoggerige voertuie my plaaswerf ingejaag en omtrent 20 mans het uitgespring, donker van woede en siedende haat.

Ek het oorgestap en vriendelik gegroet, maar net mompelende antwoorde gekry.

Die leier, die grondkommissaris, het begin: ‘Jy weet dat die regering alle plaasgrond verkry het en dat jy onwettig op die plaas bly.’

‘O,’ het ek geantwoord.

‘Wel,’ het hy voortgegaan. ‘Ons het ’n nuwe eienaar wat ons wil bring en aan jou wil voorstel.’

Hy het gevra of daar plek is waar ons kon sit en praat, en toe ons (bene uitgestrek) ons sit gekry het op ons stoep se stoele, het die intimidasie begin.

‘Ons verwag dat jy saamwerk met die nuwe eienaar. Ons wil hê die oorgang moet vlot verloop.’

’n Besonder groot individu het bygevoeg, met diep haat wat uit sy gesig straal: ‘As jy nie saamwerk nie, sal ons ons kêrels stuur en jy sal sonder enigiets weggejaag word – nie eens jou klere nie. Jy sal niks saamvat nie.’

Nog ’n man het gevra: ‘Weet jy wie ek is?’

Ek het gesê ek weet nie.

Hy het gesê:

‘Ek is mnr. *** (ek kan nie sy naam onthou nie) en ek kan mense binne twee uur van hul plase afkry!’ Hy het twee vingers in die lug gehou en kragdadig herhaal: ‘Twee uur!’

Ek was taamlik stil tot op dié punt, maar het toe sag geantwoord: ‘Mnr. ***, ek wil vir jou iets sê wat ek wil hê jy moet hoor.’

‘Wat is dit?’ het hy nors gevra.

Terwyl ek my vinger na hom wys, het ek sag gesê: ‘Ek vrees jou nie. Ek vrees slegs vir God. Ek en jy sal albei eendag sterf en in ons eie skoene sal ons voor God staan en verantwoording doen vir wat ons in dié lewe gedoen het, jy vir jou dade en ek vir my reaksie daarop.’

Dit het gelyk of dit hom taamlik van stryk gebring het.

Met nog baie dreigemente is hulle daar weg, so vinnig as hulle gekom het, en met die belofte om die middag terug te wees om die nuwe eienaar aan my voor te stel.

Toe hulle terugkom, was daar minder van hulle en net twee motors, en ek het tyd gehad om tot verhaal te kom.

Die man, sy naam is Philemon, wou weet hoeveel tyd ek nodig het en ek het gesê: ‘Ses maande sou ideaal wees sodat ek deur die winter kan kom.’

Hy het gesê dis te veel en ek het gevra hoeveel tyd hy my sou gee. Hy het gesê: ‘Drie maande.’

Ek het besef dit was baie welwillend vergeleke met wat ander boere gekry het en dit aanvaar.

Binne ’n paar uur was die saak beklink en ek het my plaas, my lieflike huis en blyplek verloor, met nêrens om te gaan nie.

Maar die Here het my voorberei op dié dag. Oor die afgelope twee jaar het die Here baie met my gepraat oor my eie hart se houding en daar het baie reiniging plaasgevind.

Veral die afgelope drie maande het hy dikwels die gedagtes in my hart geplaas dat ek my plaas gaan verloor. Ek het geweet daar kom ’n toets in my lewe en dat Hy van my, sy kind, verwag om te reageer soos hy sou.

Toe die voertuie Dinsdag ingejaag kom, het ek dadelik geweet die tyd het aangebreek. Julle sien, daar is niks wat in dié lewe gebeur wat vir ons hemelse Vader ’n verrassing is nie.

As ons sy kinders is, is ons lewens veilig in sy hande. As ons na sy stem luister en doen wat Hy sê, is daar geen rede om bang te wees vir wat mense aan ons kan doen nie, of om die toekoms te vrees nie.

En wat sê Hy moet ons doen as dié soort ding met ons gebeur? Is ons gewillig om sy woorde op ons lewens toe te pas?

Matteus 5:44 sê: ‘Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel …’

Is Jesus se opdrag vir ons bedoel of nie? Waarom sien ek so baie Christene met sulke diep rassehaat en bitterheid wat in hulle kook?

Moet ons nie kinders van ons Hemelse Vader wees wat sy karakter uitstraal nie? Watter getuienis leef ons uit as ons met siedende woede reageer? Hoe is ons dan beter as die wêreld?

Toe ek Philemon die volgende dag sien, was hy nog net so senuweeagtig en hy het op die punt van sy stoel gesit.

Ek het vir hom gesê: ‘Philemon, al het ek nêrens om heen te gaan nie en al het jy op een dag my lewensdroom van my weggeneem, sal ek nie bitter of kwaad vir jou wees nie.

‘Ek wil jou seën as jy die plaas oorneem. Ek wil jou help sover ek kan. Ek wil hê jy moet dié plaas soveel geniet as wat ek dit geniet het.’

Hy het positief gereageer en meer verbasende toegewings gemaak.

‘Jy kan alles wat jy wil van die plaas af neem en as jy bereid is om enigiets te los, sal ek jou daarvoor betaal,’ het hy gesê.

Ons het blad geskud en is as vriende uitmekaar.

Die Bybel sê: ‘’n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.’ (Jakobus 1:20).

Ons moet die groter prentjie raaksien en nie so styf vashou aan die paar aardse besittings wat ons het nie. Ons Hemelse Vader is goed in staat om in al ons behoeftes te voorsien, en as ons ons aardse besittings in oop hande hou, kan hy daarvan neem of daarby voeg wat Hy wil.

Nie eens ’n mossie val sonder dat Hy dit weet nie. Kan Hy nie voorsien in ’n huis en plek om my koeie te melk nie? Natuurlik kan hy!

Waarom sal ek dan toelaat dat my hart gevul word met haat vir ’n man vir wie Jesus gesterf het? Ek wil liewer sien dat dié man en sy gewelddadige vriende in die Koninkryk ingebring word.

Jy sal nooit die oorlog van rassehaat met haat wen nie. Dit kan slegs gewen word met liefde en vergifnis. Die sterkste krag ter wêreld is nederige liefde. Het Hy nie gesê: ‘Die sagmoediges sal die aarde beërwe’ nie?

Moenie die enorme krag van eenvoudige nederigheid onderskat nie – waar ons sê: ‘Nie my wil nie, maar u wil geskied.’

Natuurlik is dit wat hulle doen onwettig. Ek kan die saak wen as ek hof toe gaan. Maar teen watter prys? Met meer haat, met intimidasie en geweld teen my werkers, en verskrikking vir my liewe vrou? Nee, ’n plaas is dit nie werd nie.

Ek sal nie ’n stuk grond probeer behou en my kosbare vrou in gevaar stel en aan verskrikking blootstel nie. Sy is baie meer werd as ’n plaas.

Soos sake nou staan, het ek nêrens om heen te gaan nie. Jesus se dissipels het Hom gevra waar Hy tuisgaan. Hy het geantwoord: ‘Die jakkalse het gate en die voëls het neste, maar die Seun van die Mens het nêrens om sy kop neer te lê nie.’ Ek voel ek is in goeie geselskap!

Maar ek het ’n absolute en bonatuurlike vrede en vertroue dat my Hemelse Vader iets baie beters vir my het as wat ek gehad het. Hy maak een deur toe net om ’n baie groter deur oop te maak.

So, vir julle wat gehoor het dat my plaas gegryp is. Moet asseblief nie om my onthalwe die vuur van rassehaat en bitterheid aanblaas nie.

Plaas liewer jul vertroue volledig op ons liewe Hemelse Vader en wag om te sien hoe wonderlik hy dié situasie tot sy eer gaan omkeer.”

CHRISTENE KIES DIE SIEKES
Stephan Joubert het vanoggend ‘n stuk geskryf in die weeklikse rubriek  in BEELD.

Ek plaas die volledige artikel hier.

In 2008 het Nathan Nunn en Leonard Wantchekon ’n studie bekend gestel oor die oorsprong van wantroue in 17 lande in Afrika, wat alle lande in Suider- Afrika insluit.

Hulle het bevind slegs 50% van die re­spondente het hul familie baie vertrou; 28% het hul bure ruimhartig vertrou; 26% het groot vertroue in ander lede van hul eie groep gestel en slegs 16% het baie vertroue in vreemdelinge gestel.

En in 2011 is ’n studie deur die wêreldbekende Pew-organisasie uitgereik wat aantoon dat een uit elke vier van die sowat 2,18 miljard Christene op ons planeet in Afrika suid van die Sahara woon. Hierdie groei is asemrowend.

In 1910 het slegs 1,4% van hierdie gebied tot die Christelike geloof behoort, maar teen 2010 het dit aangegroei tot 23,6%.

Van navorsing gepraat, die Verenigde Nasies se eerste “World Happiness Report” is ook vroeër vandeesmaand uitgereik.

Hieruit blyk dit dat die Skandinawiese lande en Nederland die gelukkigste plekke op aarde is, met lande in Afrika suid van die Sahara die ongelukkigste (Suid-Afrika is 90ste).

Dinge soos politieke vryheid, sterk so­siale netwerke en die afwesigheid van korrupsie is deurslaggewende faktore wat mense se persoonlike geluk bepaal. Werkloosheid, onstabiele gesinsverhoudings en swak mediese versorging lei weer tot lae vlakke van geluk.

Die vinnigste groei van die Christendom wêreldwyd gebeur tans in Afrika suid van die Sahara.

Nogtans is hierdie gebied deurdrenk met agterdog en ongelukkigheid. Dié vraagstuk behoort voorrang te kry op die agendas van alle plaaslike kerke en bedienings.

C.S. Lewis skryf tereg in Mere Chris­t­ianity: “He (Christ) came to this world and became a man in order to spread to other men the kind of life He has – by what I call ‘good infection.’”

Hoe word die kerk ’n goeie infeksie wat die wêreld met God se hoop deursuur? Wel, deur nimmereindigende omgee en daarwees in Jesus se Naam, soos wat Hy ons in Matteus 25:31-44 leer.

Die goeie nuus is dat dit op baie plekke gebeur. In ’n artikel in Science Now skryf Elizabeth Pennisi juis oor ’n lesing wat die Amerikaanse evolusionêre bioloog David Hughes verlede jaar 2011 in Europa gehou het.

Hierin beweer hy dat die hoofstroom-godsdienste van die wêreld ontstaan of opgebloei het in dieselfde tye as wat siekte-epidemies die wêreld geteister het.

Pleks van vlug, het navolgers van die Christendom byvoorbeeld tydens epidemies soos masels en polio eerder tussen die siekes gebly en hulle versorg as om te vlug.

Hughes toon ook aan hoe die huidige landskap van Malawi daadwerklik deur Christene se omgee verander word.

Sy kollega Jenny Trinitapoli het 3 000 mense in sowat 1 000 nedersettings ondervra. In ’n land waar 1 uit 14 volwassenes vigs het, bevind sy dat sowat 30% van die Christene sulke siekes gereeld besoek.

Dit het tot geweldige groei van die kerk in Malawi aanleiding gegee. Mense wat MIV-positief is of vigs het, het besef dat Christene hulle nie so maklik etiketteer of afskryf soos wat ander mense doen nie.

Ook het hulle agtergekom dat Christene hulle met groot deernis versorg. Selflose omgee is steeds die kortste pad na iemand se hart toe.

In ons eie land is daar om elke hoek en draai voltydse hoopverspreiders aan’t werk. Gaan loer gerus in by Echo of Pen in Pretoria se middestad of by wie weet hoeveel opwindende aksies van plaaslike kerke, dan sien jy wat ek bedoel.

Daar’s oorgenoeg Christene om die neerdrukkende gees van wantroue uit die pad te leef. En om egte geluk hardop te laat weerklink – daardie soort wat sowel lewende as regte brood vir die armes, soekendes en hooploses insluit.

Prof. Stephan Joubert is onder meer redakteur van die e-kerk en skrywer van die Beeld-rubriek Goeie nuus.

Protected: LEIERS PSALM 23 – 29 April-5 Mei
This post is password protected. To view it please enter your password below:

Password:

Protected: LEIERS – 22 April 2012 Handelinge 3
This post is password protected. To view it please enter your password below:

Password:

Protected: LEIERS – 15 April 2012 Psalm 133
This post is password protected. To view it please enter your password below:

Password:

Protected: LEIERS 8-14 April 2012 1 Kor 15
This post is password protected. To view it please enter your password below:

Password:

WEEK VOOR PAASFEES
Gister (Sondag voor Paasfees) staan bekend as Palm Sondag.  Dit is die Sondag voor die kruisiging toe Jesus Jerusalem op die rug van ? jong donkie binne gegaan het. Johannes beskryf die gebeure so:

“Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep:

‘Prys Hom!

Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!’

en

‘Die Koning van Israel.” (Johannes 12:12-13)

Paasfees staan vir my uit as die kruisiging, sterwe, begrafnis en opstanding  van die MESSIAS. Ja, dit is Jesus van Nasaret, die oudste seun van Maria en Josef, maar Hy was die Messis. Hierdie man wat op Palmsondag op die rug van ? donkie vir die laaste keer van sy lewe Jerusalem sou binne ry was die Een wat God in Genesis 3 belowe het wat die kop van die slang sou vermorsel; die een uit die nageslag van Abraham wat God belowe het tot seën vir al die nasies sou wees; die een uit die nageslag van Dawid wat vir ewig as koning op die troon van Israel sou heers.

Die skrywer van die Johannes evangelie het dit ook so verstaan. Juis daarom beklemtoon hy:

“Jesus het toe op ? jong donkie geklim wat Hy daar gekry het, soos daar geskrywe staan:

‘Moenie bang wees nie, Sion! Kyk, jou Koning kom, en Hy ry op die rug van ? donkie.’” (Johannes 12:15)

Hierdie woorde is ? aanhaling Psalm 118:26.Jesus se optrede is ‘n vervulling van die Skrifte. Jesus se optrede is deel van die groter plan waarmee God besig is.

Volgens Johannes het die dissipels wat die laaste jare saam met Jesus was ook nie dadelik verstaan nie. Eers na sy verheerliking het hulle regtig verstaan dat die Skrifte in Hom in vervulling gegaan het. (Johannes 12:16) Ek dink soms wil ons alles onmiddelik verstaan. Die dissipels het nie. Ons hoef nie. Geloof is om vas te hou aan dit wat ek weet die waarheid selfs al verstaan ek dit nie ten volle nie. Geloof is om vas te hou aan die gedagte dat God meer is as wat ons ooit met ons menslike veratand kon bedink.

In hierdie week dink ons aan die Messias wat gekruisig is.

Ons dink aan skares wat sy lof besing het toe Hy doen soos hulle wil, en “Kruisig Hom!” geskree het toe Hy nie in hulle verstaansraamwerk inpas nie. Hierdie week sal die geskiedenis haarself herhaal. Hierdie week sal daar egter ook miljone der miljone Christene dwarsoor die wêrerld wees wat Paasnawek binnegaan met die gedagte aan die verheerlikte Jesus wat opgestaan het en hulle sal weet: Jesus is die Seun van God. Jesus is die Een wat die gekruisig is, gesterf het, begrawe is, ter helle neergedeaal het en op die derde dag uit die dood uit opgestaan het. Jesus is die Messias, die Een wat God belowe het.

‘n Geseënde Paastyd vir jou!