KLEINGROEPE – Eerste Kwartaal 2018

Oor twee weke hierdie tyd (Sondag 21Januarie 2018) sal die eerste oggenddiens van die kwartaal verby wees. Ons sou dan reeds ons erediens- en kleingroepreeks vir die kwartaal aangekondig het. Ons glo dat ons as gemeente onder die leiding van die Heilige Gees op ‘n besondere reis is. Ons is ook daarvan oortuig dat die volgende tree wat ons moet gee is om opnuut te fokus op die gemeente as die huisgesin van God. 

Ons het reeds die weeklikse tekste en temas vir die eredienste en die kleingroepe bepaal. Elke Sondag-oggend tydens die eredienste by Cunninghamlaan, 30ste Laan en Huis Vergenoeg gaan daar uit die teks oor die tema gepreek word. 

Die tekste en temas en volgorde is soos volg:  Continue reading