DAAGLIKSE GEBED – 18 JULIE 2016

Hemelse God en Vader, laat my nooit die mense vergeet wat worstel met skuld, skaamte en ander swaarkry waarvan ek nie weet nie.

Herinner my asseblief daaraan dat ek deel van U antwoord is vir die die mense wat siek is; in die gevangenis is; eensaam is; verward is; die behoefte aan vriende het; sterwend is; honger is; dakloos is; geestelik verlore is – en dikwels doelloos deur die lewe dwaal.

Leer my Continue reading

DAAGLIKSE GEBED – 21 JUNIE 2016

Hemelse God en Vader, gee dat ek in hierdie dag met dié vrede sal leef dat ek is waar U wil hê dat ek moet wees. Gee dat ek sal weet dat alhoewel U ook die Skepper van geleenthede is en my met die vermoë geskep het om keuses te maak en besluite te neem, U deur die Heilige Gees my lei om die regte keuses te maak.

Wanneer ek terugkyk op my lewe, dan besef ek dat daar die kere was wat ek U leiding geïgnoreer het Continue reading

DAAGLIKSE GEBED – 20 JUNIE 2016

God en Vader, Skepper van die hemel en die aarde, ek loof U vir die nuwe dag wat U geskep het. Skenk aan my die genade om hierdie dag vreugde te vind in U skepping. Herinner my daaraan dat U skepping nie net die natuur is nie, maar ook dat die mens die kroon van U skepping is. Gee dat elke mens met wie ek in hierdie dag in aanraking sal kom aan U herinner sal word. Gee dat ek deur my optrede teenoor hulle aan U ‘n loflied sal sing.

Ek bid Heilige Gees dat U my sal vul met onblusbare vreugde oor die verlossing Continue reading