Jakaranda Kinderhuis

Ons gemeente is verantwoordelik vir die versorging van die meisies in Huis 12 van Jakaranda Kinderhuis. Op ‘n maandelikse basis word toiletbenodighede aan die meisies verskaf. Indien daar ander behoeftes na vore kom word dit aan Cecile Brummer deurgegee.

Hulle kry spesiale aandag wanneer hulle verjaar, asook met Kersfees.  Ons poog om vir elke dogter ‘n voog-ma te gee wat vir die meisie ‘n verjaarsdag- en kersgeskenk gee, asook ‘n koek vir die huis met haar verjaarsdag. Die kollekte op Kersdag gaan dan ook na die Kinderhuis.

Enige persoon is welkom om betrokke te word by die bediening. 

Kontak gerus Cecile Brummer: 0837043106.