Derdepoort Voedselprjek en Jan Niemandpark

 

Hierdie bediening behels dat ‘n aantal lidmate van die gemeente en die gemeenskap elke Vrydag (gedurende die skool kwartaal) ‘n warm gekookte ete vir ongeveer 100 kinders by Laerskool Derdepoort gee vir die afgelope 20 jaar.

Hoe werk dit?

Ten minste 2 persone berei saam die kos voor (elkeen in hul eie huis) vir ‘n Vrydag. Daar is ook groot kastrolle beskikbaar wat gebruik kan word om die kos in voor te berei. Die kos word dan na skool aan die kinders gegee. Groente en vleis word aan die mense verskaf vanuit die aksiefonds van Diensgetuienis wat hulle dan moet voorberei.

Van hierdie gekookte kos word in bakke geskep wat na die NG Gemeente Jan Niemandpark geneem word. Dit word daar uitgedeel aan gesinne in nood.

Spanne:

Daar word gepoog om genoeg kookspanne te hê, sodat mense net een beurt per kwartaal kry. Op die stadium is daar ‘n groot behoefte aan kokke! Raak gerus betrokke en word deel van ‘n kookspan. 

Kontak persoon: Ria Pienaar – 082 354 9494 of 012 332 0667