Gebed

Gebed is ‘n belangrike deel van ons gemeente en ons wil dit graag ‘n al hoe belangriker deel van ons gemeente maak. Op hierdie stadium hou ons aan die begin van elke jaar ‘n week van gebed. Ons versprei ook maandeliks ‘n gebedsbrief met kort daaglikse gebede. Die kort gebede word ook ons gemeente se Facebookblad geplaas. Daar is ook ‘n voorbiddingspan waar mense hulle gebedsversoek kan gee en indien nodig word sulke gebedsversoeke baie vertroulik hanteer.  

Kontakpersoon: Kobie Geldenhuys – 0824692391