Families Floreer

Families en gesinne is waarskynlik die belangrikste plek waar geloofsvorming plaasvind. Families word op verskillende maniere saamgestel en die tyd is lankal verby dat ons kinders in ‘n huis groot word waar die ma en die pa en die boeties en die sussies saam woon. Families waar die kinders in ons gemeente en gemeenskap se geloof gevorm word, word op verskillende maniere saamgestel en oupa’s en ouma’s speel ook ‘n baie groter rol. 

Wanneer families floreer en die huis die primêre plek word waar geloof gevorm word, sal die gemeente ook floreer. Die families het egter ‘n unieke stel uitdagings vandag as selfs tien jaar gelede. Ons droom daarvan om in 2018 te begin om die families in ons gemeente en gemeenskap te help om te floreer. 

Kontapersoon (Koordineerder)  – T/S Nadine van Eeden – 0795761890