Familiefees: Vrydag 11 Maart: 18:00 C-Laan

Een maal per kwartaal vier ons as huisgesin van God ons familiefees deur saam te kuier en saam te eet. In Bybelse tye het die gemeenskaplike maaltyd n belangrike rol gespeel en vandag is dit steeds ‘n besondere manier om mense aan mekaar te bind.

Kom Vrydag-aand vanaf 18:00 en breek brood saam met die res van jou geloofsfamilie. Bring ‘n piekniekmandjie of bring ietsie om te braai. As jy nie jou eie braaier het nie, daar sal ook vuur gemaak word om op te braai.

Navrae: Kontak Gerrit Lotter by 083 256 4503 of ds. Attie by 082 418 5054.

Haal asseblief eers die naam van die webmeester van die kennisgewings af.(Ina het gevra.) Ons sal later weer sê wie die webmeester is.