FOKUS OP JONGER MENSE

Gisteraand (Dinsdag 10 Oktober 2017) het ‘n groep jonger mense van ons gemeente bymekaar gekom om saam te kuier en saam te dink en te droom. Hierdie byeenkoms was die eerste belangrike tree in die proses waar ons aandag gee aan een van die prioriteite van ons gemeente: Jonger mense in ons gemeente en gemeenskap. Ons het heerlik pizza geĆ«et en almal het baie ander jonger mense ontmoet. 

In kleiner groepe het ons saam gesels oor: Wat kan ek van die kerk verwag? Wat kan die kerk van my verwag? Wat moet nou die volgende tree wees? 

Ons het baie terugvoer gekry en gaan nou die inligting verwerk en sommer gou vir die gemeente terugvoer gee. Een ding wat vir my deurlopend in gesprekke oor die prioritisering van jonger mense na vore gekom het, is dat nie een generasie ‘n ander generasie wegwens of wil verdryf nie. Veel eerder tel ons op dat almal graag wil sien dat mense oor generasies heen die Here saam dien. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *