REFORMASIE 500 (1) – SOLA GRATIA – GENADE ALLEEN

Sondag is die eerste Sondag van ons veldtog vir die kwartaal. Ons vier saam met die gereformeerde kerke dwarsoor die wêreld die hervorming van 500 jaar gelede. Een van die uitvloeisels van die reformasie was die vyf soli. Soli of sola is die latynse woord vir “alleen”.  Die hervorming het vyf temas na vore laat kom waarop die gereformeerde teologie sedertdien gebou en ontwikkel is. Genade alleen (Sondag 13 Augustus); geloof alleen (Sondag 20 Augustus); Christus alleen (Sondag 27 Augustus); die Woord alleen (Sondag 3 September) en aan God alleen die eer (Sondag 10 September). Sondag 17 September kyk ons na ons gestuur wees aan die hand van hierdie vyf waarhede. Wees deel van hierdie besondere veldtog.  Die tieners en die kinders sal ook inskakel by die veldtog.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *