VREUGDEVOL VRY

Hierdie jaar is dit 500 jaar sedert die Reformasie begin het. In Suid Afrika is die NG Kerk, Hervormde Kerk, Gereformeerde Kerk en die AP Kerk die kerke wat voortgevloei het uit die Reformasie. As NG Kerk is ons baie trots op hierdie geskiedenis en die wortels van ons kerkwees en teologie wat so ver teruggaan.

Saam met baie ander gemeentes en kerk gaan ons as gemeente oor ‘n tydperk van 5 weke aan die belangrikste onderwerpe van ons gereformeerde teologie aandag gee.

Die tema van die reeks is:  Vreugdevol vry. Die volgende onderwerpe gaan aandag kry: 

Genade alleen.

Geloof alleen.

Jesus Christus alleen.

Die Woord alleen.

Aan God al die eer.

Vir die duur van die reeks gaan ons elke Sondag oor die onderwerp preek. In die kleingroepe (ons weet op hierdie stadium van 27) gaan ons elke keer weer van ‘n ander hoek af na die week se onderwerp kyk. Tydens die aanddiens is dit dieselfde onderwerp maar dan gaan ons die onderwerp meer verstaanbaar probeer maak vir die jonger geslag (Graad 7 en ouer). Selfs die kinders (Graad 6 en jonger) gaan tydens hulle eie erediens met die onderwerp besig wees.

Ek is nogal nuuskierig om te weet wat die ouens wat hier lees van die Reformasie of Hervorming wat in 1517 begin het weet. Gesels gerus saam.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *