DAAGLIKSE GEBED – 18 JULIE 2016

Hemelse God en Vader, laat my nooit die mense vergeet wat worstel met skuld, skaamte en ander swaarkry waarvan ek nie weet nie.

Herinner my asseblief daaraan dat ek deel van U antwoord is vir die die mense wat siek is; in die gevangenis is; eensaam is; verward is; die behoefte aan vriende het; sterwend is; honger is; dakloos is; geestelik verlore is – en dikwels doelloos deur die lewe dwaal.

Leer my om na hierdie medemens van my uit te reik deur hulle liggame met kos te voed, hulle harte met vriendskap en hulle siele met die heerlikheid van die evangelie van God in Christus Jesus.

Gebruik my in hierdie dag om ook aan hierdie mense iets van U teenwoordigheid oor te dra en hulle op hierdie manier nader aan U te bring sodat ook hulle U teenwoordigheid op hierdie aarde kan raaksien.

Ek bid dit in Jesus naam.

Aan U al die eer.

Amen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *