LOUIS BOTHA KINDERHUIS -STIL PASSIE

Louis Botha Kinderhuis bied hierdie jaar tydens Paasfees ‘n Passiespel met n verskil aan. Hulle gaan die gebeure in die laaste week van Jesus se lewe op die gronde van die kinderhuis op n statiese wyse uitbeeld. Mense gaan dan vir die week in die aande die geleentheid kry om deur die passiespel te stap en om die lydingsweg van Jesus op n nuwe en kreatiewe manier te beleef.

Die Kinderhuis kan dit nie op hulle eie doen nie en hulle vra daarom gemeentes se hulp. Die gemeente kan op die volgende manier helpĀ :

Kan jy op enige manier help, of deel wees van die passiespel vir die ses dae?

  1. Help met die beplanning. (Die taakgroep vergader Dinsdae-oggende om 09:00.)
  2. Help met die bou van die dekor.
  3. Help met elektriese installasies ens.
  4. Skilder van die dekor.

Indien jy kan help, kontak ds. Attie by attie@ngwaverley.co.za